Perdry

 

MHS Perdry

MHS Perdry

Perdry is 'n buitesport waaraan Plasies deelneem.

Hulle neem wel deel in Merensky kleure.

2017 Datums

Sal aangekondig word.


Perdry Nuus

Plasie-ruiters hou uit

Gepubliseer op
Danielle Breed van Hoërskool Merensky het op Saterdag, 8 April, deelgeneem aan die Waterberg uithourit te Modimolle. Sy het deelgeneem in die junior kategorie en 80km in 5 ure en 46 minute met haar perd afgelê. Sy het algeheel ‘n 4de plek behaal. Onderwyser, Alexandra Dreyer, het self haar perd opgesaal en 2 uithouritte gedurende die vakansie voltooi. Op 31 Maart en 1 April het sy in Schweizer-Reneke ‘n nasionale tyd gery en ‘n 6de plek behaal. Op 8 April het sy ook aan die Waterberg uithourit deelgeneem en die 80km voltooi in 5 ure en 21 minute.

Plasieruiters pronk by Western Mounted Games

Gepubliseer op
Op Saterdag, 25 Maart, het twee ruiters van Hoërskool Merensky aan die Western Mounted Games te Uitzoek Stalle in Tzaneen deelgeneem. Iszabella le Roux en Dominique Bond het saam met sestien ander deelnemers sake uitgespook in die “Western Reigning Qualifier 1”. Iszabella behaal ‘n eersteplek in die “Ranch Horse”-afdeling met Dominique in die tweedeplek. In die “Western Pleasure”- en die “Reigning Pattern 1CX”-afdeling wen Dominique, met Iszabella in die tweedeplek. Dominique het ook haar vernuf getoon met ‘n eersteplek in die “Trail”-afdeling.

Versatile coach Alex performs

Gepubliseer op
Merensky High School teacher and tennis coach, Alexandra Dreyer, displayed her versatile skills on horse back and tennis court over the weekend of 3 to 8 March. On 3 March Dreyer completed a qualifying equestrian endurance race over 80km in 4h30m at Louwna, Vryburg in which she was placed third. The following day she competed in the annual ITF national championships in Bloemfontein. She competed in the 30-35 age group, singles, doubles and mixed categories. Dreyer placed 2nd in the ladies singles and ladies doubles and 6th in the mixed doubles. She still retains the first seed in her age group in South Africa.