Perdry

 

MHS Perdry

MHS Perdry

Perdry is 'n buitesport waaraan Plasies deelneem.

Hulle neem wel in Merensky kleure deel.

2019 Datums

Hou hierdie spasie dop!


Perdry Nuus

Plasie-perderuiters pronk wyd en syd

Gepubliseer op
FOTO: DIE WMG-SPAN Voor: Dominique Bond en Salomé Lombard. Agter: Dylan Bond, Wandri Janse van Rensburg en Dawie van Jaarsveld. Hoërskool Merensky se Danielle Breed (graad 9) het op Saterdag, 3 Februarie, haar sit in die saal geken tydens die 120km Capricorn Uithourit in Polokwane. Sy en haar perd, Hanif, het in die jong ruiter kategorie geseëvier met ‘n tyd van 9 ure, 36 minute. Mariesa Schutte (graad 9) het op haar beurt met haar perd Shakira aan die SANESA-skou te Blouberg Stalle in Vivo deelgeneem. In die 90cm skouspringklas het sy ‘n 1ste-plek uit 13 ruiters behaal. Ook op 3 Februarie is Plasie-ruiters vereer by die SAWMG-prysuitdeling in Hoedspruit.…

Plasie-ruiters spring weg

Gepubliseer op
Op Saterdag, 27 Januarie, het Plasie-ruiters Dominique Bond, Dylan Bond, Annalene Rood en Salomé Lombard deelgeneem aan die eerste SAWMG-kwalifiseerder te Berbon stalle in Bela Bela. Salomé Lombardhet gekompeteer in die Games-klasse met haar perde, BelMonty en Spook op vlak 2. Sy behaal vier eersteplekke, ses tweedeplekke en vier derdeplekke. Sy is ook aangewys as die algehele reserwe kampioen met BelMonty in die skole-afdeling. Dominique Bond neem ook deel in die Games-klasse op haar perd, Bonnie, op vlak 0 en behaal vyf tweedeplekke. Sy is die algehele reserwe kampioen van die byeenkoms. Annalene Rood kompeteer in die Ope Games-afdeling met haar perd Shameer en behaal ‘n derdeplek.

Merensky trots op Plasie-ruiters

Gepubliseer op
FOTO: Wandri Jansen van rensburg, Genevieve van der Merwe, Anri Janse van Rensburg, Salomé Lombard en Dawie van Jaarsveld. Ses Limpopo-ruiters van Hoërskool Merensky het onlangs aan die Suid-Afrikaanse nasionale kampioenskap vir Western Mounted Games by die Afridome in Parys deelgeneem. In die SANESA skoleafdeling het nuweling, Dominique Bond, in die 3de-plek geeïndig. Vlak 4 ruiters, Dawie van Jaarsveld (3de), Genevieve van der Merwe (6de), Salomé Lombard (7de) en Wandri Janse van Rensburg (30ste) het teen 29 ander deelnemers kompeteer. Hierdie gedugte viermanskap is ook deel van die Limpopo-skolespan wat die spankompetisie gewen het. Vlak 7 ruiter, Anri Janse van Rensburg, moes ongelukkig na ‘n harde val op haar nek,…