Perdry

 

MHS Perdry

MHS Perdry

Perdry is 'n buitesport waaraan Plasies deelneem.

Hulle neem wel deel in Merensky kleure.

2017 Datums

Sal aangekondig word.


Perdry Nuus

Merensky ruiters op galop

Gepubliseer op
Die tweede Western Mounted Games kwalifiseerder vir 2016 is op 27 Februarie by Berbon Stables in Warmbad aangebied. 47 Ruiters het in 2 afdelings, naamlik skole- en ope-afdeling, gekompeteer. Ruiters van Hoërskool Merensky was goed verteenwoordig en het puik presteer. Genevieve van der Merwe toon weereens haar staal. Sy was in 2014 die eerste ruiter in Limpopo wat vlak 7 behaal het, en sy is die naweek weer as kampioen op hierdie vlak aangewys. Genevieve het in twee vlakke deelgeneem: in vlak 1 op haar perd Doc Bughati verwerf sy 5 plekke en in vlak 7, op Mekadesh Zahra, verwerf sy 8 plekke waaronder 2 eerste plekke. Wandri Janse van…

Jehan kan uithou en aanhou

Gepubliseer op
Jehan Goosen, perderuiter van Hoërskool Merensky het op 12 September deelgeneem aan die Letaba uithourit op Munnik. In hierdie strawwe kompetisie wen hy die 14-17 jaar junior afdeling. Hy word ook bekroon as die junior Limpopo Kampioen en verwerf hiermee sy Limpopo kleure. Sy perd Flika wen die beste kondisie toekenning oor 81km in ‘n tyd van 3 ure, 41 minute.

Plasie-ruiters by nasionale kampioenskappe

Gepubliseer op
[fusion_text]Genevieve en Theo van der Merwe en Anri Janse van Rensburg van Hoërskool Merensky het die afgelope vakansie deelgeneem aan die nasionale kampioenskappe vir Western Mounted Games te Misty Meadows. Genevieve en haar perd, Makadesh Zahra, neem in die skole-afdeling (SANESA) deel op vlak 1 en eindig algeheel derde. In die ope-afdeling word sy egter opgeskuif na vlak 2 en eindig algeheel vyf-en-veertigste. Theo en sy perd, Vierkleur Nola, neem deel in die skole-afdeling (SANESA) vlak 2 en is algeheel sestiende. In die ope-afdeling, vlak 2 word hy algeheel ses-en-dertigste geplaas. Anri en haar perd Koedoe, is die eerste Limpopo-skole vlak 7-ruiter en ope-afdeling vlak 3 ruiter wat deelneem aan…