Sokker

 

Eerstespan Sokker 2016

MHS Sokker

Organiseerder

Gavin Terblanche
Mnr. Gavin Terblanche

Afrigters

Thembi
Maunatlala

2017 Datums

23 Augustus - Jaarafsluitingsfunksie

Wedstryddatums sal deurgegee word wanneer dit beskikbaar is.


Sokker Nuus

Plasies stormloop Fransies

Gepubliseer op
Plasieland het op Saterdag, 21 Mei 2016, soos een man opgeruk na Phalaborwa vir die jaarlikse “Battle of the best” wintersportgeleentheid. Plakkate en baniere het luister verleen aan ‘n indrukwekkende Merensky-optog. Op die rugbyveld het Hoërskool Merensky koning gekraai en elke ligawedstryd gewen. Van die eerste afskop het elkeen van die vyf spanne met oorgawe hul wedstrydplan uitgevoer, en die vrugte gepluk. Die o.14-seuns het ‘n telling van 26-13 op die telbord gesit. Die o.15’s wen met 15-12. Die o.16’s oorheers met ‘n telling van 47-5, nadat die tweedespan die voorbeeld gestel het met ‘n telling van 48-12. In ‘n taai wedstryd triomfeer die Plasie-eerstespan met 8-6. Op die hokkieveld…

Merensky triomfeer teen Eric Louw

Gepubliseer op
Hoërskool Merensky het op Saterdag, 7 Mei op hul tuisveld kragte gemeet teen die wintersportspanne van Hoërskool Eric Louw van Musina. Op die rugbyveld het al die Plasiespanne as oorwinnaars uit die stryd getree. Die o.14-span het 53-0 gewen en die o.15-span, 36-0, terwyl die o.16’s se wedstryd 10 minute vroeër gestop is met 79-0 op die telbord. Die Plasie-eerstespan het weer nie teleurgestel nie, en 48 punte verdien teenoor Eric Louw se 9. Richard Coleman, Wynand Scholtz en Armand Steyn het elkeen ‘n drie gedruk. Dylan Herrendoerfer het twee drieë gedruk, terwyl Clifford Sekgobela drie keer onder die pale gaan kuier het. Wynand Scholtz en Masedi Manamela het elkeen…

Goue status vir Plasiesport

Gepubliseer op
Plasiesport het op Saterdag 23 April, tydens hul tagtigjarige feesnaweek, ook pure liga lekkerte ervaar teen Hoërskool Louis Trichardt. Bykans al sportspanne het seëvierend van die veld gestap. Op die hokkieveld het die Plasies gewys wie’s baas. Die o.14 dogtershokkiespan het die toon aangegee met ‘n indrukwekkende 7-0 sege, waarna die o.15’s 2-0 gewen het. Die o.16’s het naelskraap verloor met 1-2, en die 2de span wen 1-0. Die 1e span het egter die hokkie-septer geswaai met ‘n 7-0 oorwinning. Altacia Gubitz slaan 3 doele, Lily Pohl, Corlie van der Merwe, Delene O’Neill en Pat Madelane het ook die telbord laat sing. Die seuns het nie op hul laat wag…