Swem

 

MHS Swem

MHS Swem

Organiseerder

Elri Verster
Me. Elri Verster

Afrigter

Me. Elri Verster

2019 Datums

9 Maart - Level 1 (Nelspruit)
20-24 Maart - SANJ
28-31 Maart - Level 3
3-5 April - Level 2
2 September - Interhuis
15 Oktober - Top 10 Skole
29 November
to 1 Desember
- Kampioenskappe

Swem Nuus

Plasie-swemmers gaan vir goud

Gepubliseer op
FOTO: Voor: Amelia Booth, Markus Theron & Donia Smit. Agter: Ruan Hanaczeck-Kruger, Ronan Theron & Daniel Smit. Die tyd van rekenskap gee vir harde werk in die swembad, is naby. Ses Plasie-swemmers het deur die afgelope seisoen gekwalifiseer om gedurende die komende skoolvakansie aan galas op verskeie vlakke deel te neem. Vlak 2 vind hierdie jaar op 3 tot 5 April in Polokwane plaas. Amelia Booth (o.15) en Markus Theron (o.14) het gekwalifiseer om aan hierdie kompetisie deel te neem. Daniel Smit en Ronan Theron (o.16), asook Donia Smit (o.14) gaan aan die vlak 3-gala op 28 tot 31 Maart in Germiston deelneem. Ruan Hanaczeck-Kruger presteer uitsonderlik goed en neem…

Plasies by Limpopo Skole Swem

Gepubliseer op
FOTO: Dania Smit in aksie. Op Saterdag en Sondag, 2 en 3 Februarie, het 9 Plasieswemmers aan die Limpopo Skole Swemkampioenskap in Polokwane deelgeneem. Hoërskool Merensky is baie trots op Dania Smit (o14) wat ‘n gouemedalje in die 200m individuele wisselslagitem losgeswem het. Sy verdien ook ‘n silwermedalje vir haar 200m rugslag en 2 brons in die 200m vryslag- en 50m rugslagitems. Daniel Smit (o16) en Kagiso Hoaeane (o15) spog ook met silwermedaljes vir hul 200m rugslag- en borsslag pogings, asook bronsmedaljes in die 50m rugslag- en 200m individuele wisselslag. Ronan Theron (o16) ontvang bronsmedaljes vir sy 50m vlinder- en borsslagitems, terwyl Amelia Booth (o15) se 50m- en 100m vlinderslag…

Daniel doen dit weer

Gepubliseer op
Daniel Smit, 'n graad 10 swemmer van Hoërskool Merensky, het die nuwe jaar op 'n hoë noot begin. Tydens 'n tweekampbyeenkoms in Mpumalanga op 12 Januarie het hy nie net in die o17-kategorie meegeding nie, maar ook 'n nuwe plaaslike- en Suid-Afrikaanse rekord gebreek van 2260 punte (die vorige rekord was 2225 punte). Daniël kwalifiseer nou om deel te neem aan die SA Kampioenskappe wat later vanjaar in Port Elizabeth gehou sal word. Daniel en Kagiso Hoaeane (graad 9) het ook op 10 tot 13 Desember by die SA Skole Somerspele by Ellispark in Johannesburg deelgeneem. Tydens hierdie kampioenskap het Limpopo vyfde in Suid-Afrika geëindig.
1 2 3 9