Swem

 

MHS Swem

MHS Swem

Organiseerder

Elri Verster
Me. Elri Verster

Afrigter

Me. Elri Verster

2019 Datums

9 Maart - Level 1 (Nelspruit)
20-24 Maart - SANJ
28-31 Maart - Level 3
3-5 April - Level 2
2 September - Interhuis
15 Oktober - Top 10 Skole
29 November
to 1 Desember
- Kampioenskappe

Swem Nuus

Swem Plasies swem

Gepubliseer op
FOTO: Daniel Smit Hoërskool Merensky se interhuis swemgala het op Maandag, 10 September, onder luide toejuiging plaasgevind. Al vier die huise (Ventus, Terra, Ignis en Aqua) was goed verteenwoordig in en om die water. Daniel Smit (graad 9) en Marc Wigginton (graad 12) het rekords verbeter in die 100m vryslag- en 100m rugslag items. Hierdie jaar het die leerkragte die uitvoerende komitee uitgedaag vir ‘n aflossessie. ‘n Klop op die skouer vir die onderwysers wat in Chad le Clos-styl geseëvier het. Die “tjoepie”-resies in huisverband was ‘n hoogtepunt, wat gesorg het vir vet waterpret. ‘n Week later het die Plasie-swemspan in die bloedigwarm Musina sake in die interhoër swemgala uitgespook.…

Plasie wen goud by interprovinsiale gala

Gepubliseer op
Daniel Smit, ‘n o.15-swemmer van Hoërskool Merensky het op Saterdag, 25 Augustus, aan die Klein Interprovinsiale Swemgala by Stanford Lake College deelgeneem. Die Limpopo- en Mpumalanga klubspanne het teen mekaar kragte gemeet. Daniel het op 18 Augustus aan die Limpopo klubkampioenskappe deelgeneem en is daarna in die Limpopospan opgeneem. Met ‘n tyd van 1.04 minuut het Daniel goud verwerf in die 100m rugslag item. Hy en sy span wen ook die individuele wisselslag- en vryslag aflosse. Verder verwerf hierdie veelsydige swemmer silwer in die 100m vryslag-, brons in die 200m individuele wisselslag- en ‘n vierdeplek in die 100m borsslag items.

Daniel does it again

Gepubliseer op
Congratulations to Merensky High School’s Daniel Smit (grade 9), who has been included in the Junior Fast Track Limpopo Aquatics Swimming Squad. In June, July and August, Daniel will be attending 3 practice camps to prepare for the South African championships.