Tennis

 

Tennis

MHS Tennis

Organiseerder

Sal aangekondig word.
 

Afrigter

Sal aangekondig word.

2019 Datums

Sal aangekondig word.


Tennis Nuus

Tennis speel liga

Gepubliseer op
Merensky se 1ste- en 4de-seuns en dogterspanne het op 6 April in Polokwane deelgeneem. Die seuns 1ste-span het 4de geeindig, terwyl die dogters 1ste-span 'n 3de plek verower het. Die seuns D-span het ook 3de geeindig. Die 2de- en 3de-spanne speel hulle wedstryde op 20 April.

Plasie tennisafrigter beste in die land

Gepubliseer op
Alexandra Dreyer, knap tennisafrigter van Hoërskool Merensky het van 4 tot 8 Maart in Bloemfontein deelgeneem aan die SA ITF (International Tennis Federation) Senior Nasionale toernooi. Spelers van regoor die land neem aan hierdie nasionale kampioenskappe deel ten einde te kwalifiseer vir die nasionale span. Alexandra het uitstekend presteer deur as die wenner bekroon te word in die enkels vroue 30 tot 35 jaar. Merensky-tennis is baie trots op die prestasie en waardeer die kennis wat sy tot hul voordeel aanwend.

Plasie-tennis volstoom vorentoe

Gepubliseer op
FOTO: Agter: Ronell du Toit, Hannerie du Toit, Nina Grové en Eljané Uys. Voor: Angie Nel en Carissa Ivy. Vanaf 11 - 14 Februarie het Merensky se dogters-tennisspan deelgeneem aan die Nelspruit Groot Vyf Uitdaagtoernooi. 16 Deelnemende skole, o.a. Hoërskool Nelspruit, Boland Landbouskool, Monument, Afrikaans Hoër Meisieskool, HTS Middelburg, Wilgerivier, Garsfontein, Merensky en Ermelo, het sake op die tennisbaan uitgespook. Merensky is trots op hul dogters wie ‘n algeheel 8ste plek, ten spyte van snikhete omstandighede, losgespeel het.