Stap is nie altyd maklik nie

Victory Mathebula, Una Radzuma, Palesa Shiluvane, Charlize Krause, Nyasha Patel, Katelyn Kurten & Keightly Mabasa.

Sewe leerders van Hoërskool Merensky, wat reeds vir die silwervlak van die Presidentstoekenningsprogram ingeskryf het, het onlangs 48km oor rowwe terrein in die Magoebaskloof-gebied voltooi.

Oor die naweek van 8, 9 en 10 Februarie het Keightly Mabasa, Katelyn Kurten, Victory Mathebula, Nyasha Patel, Charlize Krause, Palesa Shiluvane en Una Radzuma bewys dat die woorde: ” When the going gets tough, the tough gets going!”, is absoluut waar. Vogtige toestande, gevalle bome en weggewaste brûe het die naweek in ‘n bundu-bashing avontuur verander.

Die stappers het by Broederstroomdrif begin en die eerste nag by De Hoekhut deurgebring. Saterdag het hulle na ‘n mistige Woodbush-hut gegaan en op Sondag is die staptog weer by De Hoek Hut voltooi.

Hierdie stap is een van die vereistes vir die gesogte silwer sertifikaat van die internasionale Presidenttoekenningsprogram waarvoor leerders van Merensky inskryf.