Suandrie sê haar sê

MERENSKY-REDENAARS Voor: Amelda Pretorius, Jamie Robertson, me. Claudia Olivier, Suandrie Corbett en Marlu McLean. Agter: Ikne Stucki, Stefan Corbett en Retief Fourie.

PHOTO:
MERENSKY-REDENAARS
Voor: Amelda Pretorius, Jamie Robertson, me. Claudia Olivier, Suandrie Corbett en Marlu McLean.
Agter: Ikne Stucki, Stefan Corbett en Retief Fourie.


Plasieland se Suandrie Corbett het behoorlik standpunt ingeneem tydens die ATKV-redenaarskompetisie se semi-finale rondte by Hoërskool Hans Strijdom. Corbett het in die onvoorbereide afdeling, met haar redenasie rondom die waterkrisis in die Wes-Kaap wat voor die voete van die regering gelê moet word, skoonskip gemaak.  Sy het geargumenteer dat die regering te laat geslaap het, dat daar nie reëls en sisteme in plek is om waterbesparing te bevorder nie, en laastens dat waterbronne uitgeput word deur die groot getalle buitelanders wat hier ‘n heenkome soek.

Tydens die kompetisie, waaraan 7 Plasie-redenaars deelgeneem het, word die top 5 deelnemers in elke graad aangekondig. Die 2 bestes dring dan deur na die landswye finaal. Corbett het in die eersteplek geeïndig. Hiermee volg sy in die voetspore van haar ouboet, Stefan, wat in 2016 aan die finaal deelgeneem het.

Hoërskool Merensky hou styf duimvas vir haar tydens hierdie finale kompetisie op 11 Augustus te Goudini.