Sukses vir langasems

Janco Coetzee en Amelia Middleton.

FOTO
Janco Coetzee en Amelia Middleton.


Janco Coetzee en Amelia Middleton van Hoërskool Merensky het op 23 April aan die Sentrale Gauteng & Tshwane Driekamp se Duathlon Kampioenskappe deelgeneem te Germiston Lake.

Janco het 2,5km gehardloop, 10km fiets gery en weer 1,25km gehardloop. Amelia het 5km gehardloop, 20km fiets gery en weer 2,5km gehardloop.

Albei atlete is die eerste Noord-Gauteng spanlede oor die wenstreep en het algeheel tweede geeïndig.

Plasieland hou duimvas wanneer hul aan die Duathlon SA’s op 2 Julie te Midmar Dam in Kwa-Zulu Natal gaan deelneem.