Suksesvolle danswerkswinkel op Plasieland

Opgewonde dansentoesiaste in die studio.

Op Vrydag, 19 Augustus het mnr. Mark Dooley, wie reeds meer as 5 maal gekroon is as die Suid-Afrikaanse Ballroom en Latin American kampioen, Hoërskool Merensky se dansers vergas met ‘n intensiewe werkswinkel. Mnr. Dooley staan ook aan die hoof van Solo Danca Latina in Suid-Afrika.

Op Saterdag, 20 Augustus het die dansers aan ‘n plaaslike kompetisie deelgeneem, en het Chrystal Kirstein ‘n goue medalje verower in die “Youth New Kids NRG”-afdeling, en Chris Bill het weggestap met ‘n silwer medalje in die “Young Adults NRG”-kategorie. Jamie van der Merwe het ‘n brons medalje in die “Youth New Kids NRG”-afdeling losgedans.

Plasieland bedank Megan Henning, tutor by die MDDK vir haar ywer.