Superliga wink vir Plasie-krieket

Rhinus Jacobs

FOTO
Rhinus Jacobs


Hoërskool Merensky se eerste krieketspan het ‘n besige week agter die rug.

Op Saterdag, 10 Februarie, het hulle tuis teen Hoërskool Lichtenburg in die Superliga te staan gekom. Merensky het eerste gekolf en ‘n teiken van 176 lopies daargestel. Puik kolfvertonings is gelewer deur Rhinus Jacobs, met ‘n uitmuntende 103 lopies en Shaahil Shaikh (48).

Blitsbouler, Gerhardus Fourie, neem 5 paaltjies, terwyl Kieran Albertus 3 paaltjies laat kantel. Hoërskool Merensky wen die wedstryd met 30 lopies, nadat Lichtenburg almal uitgeboul is vir 146 lopies.

In ‘n wegwedstryd het Plasie-juniors, Ockert Schoeman (28) en Hendrik Schoeman (24), hulle kant met die kolf gebring, maar kon nie die knoop vir die span deurhaak nie.

Die T20-droom het ook vir die seniorspanne die afgelope week tot ‘n einde gekom. In die semi-finaal klop Merensky vir Mahwaraleng Hub met 50 lopies, maar verloor in ‘n taai stryd die finaal teen Hoërskool Ben Vorster.