Tennis vat vlam op Plasieland

Op 25 tot 27 September is die Technifibre Junior Ope Tennistoernooi te Hoërskool Merensky aangebied.
Spelers van Tzaneen, Polokwane, Phalaborwa en Mokopane het as individue deelgeneem aan die toernooi en nie in skoolverband nie.

Die volgende Plasies het goed presteer: Stefan Pretorius, Blake Linder, Erich Mostert, Angie Nel, Nina Grové en Valeriia Avdysh.

In die seuns o.16 en o.18 gekombineerde trekking het Stefan Pretorius as wenner uit die stryd getree, met Blake Linder in die tweede plek en Erich Mostert wat sewende eindig. In die meisies o.16 en o.18 gekombineerde trekking behaal Angie Nel ‘n tweede plek, terwyl Valeriia Avdysh en Nina Grové derde en vierde plekke behaal het.

In die seuns ope dubbels kategorie spog die broers, Franco (van Laerskool Dr Annecke) en Stefan Pretorius met ‘n eerste plek en Blake Linder en Jaco van Rooyen van Piet Potgieter met die tweede plek.

Die gemenge dubbels eindig met Angie Nel en Erich Mostert in die tweede plek, Nina Grové en Blake Linder in die derde plek en Valeriia Avdysh en Franco Pretorius wie vierde eindig.

Merensky Tennis bedank Koos van Wyk van Novon en Cor Greyling van Wenkem vir hul ruim borgskap.