Tian Koekemoer speel vir Oostelike Provinsie

Tiaan Koekemoer

Oud-Plasie Tian Koekemoer het pas gehoor dat hy eerskomende Donderdag sy eersteklas debuutbuiging maak vir die OP-krieketspan teen Easterns in Benoni. Dit is ook baie goeie nuus vir sy skoolafrigter, Pieter van der Merwe.

Sê Tian: “Uiteindelik drie jaar vandat ek uit die skool uit is begin dinge afbetaal. Baie bly, ek gaan nie jok nie, ek’s verskriklik bly!”

Baie geluk, Tian! Ons Plasies is verskriklik trots op jou.