Top Plasies vereer

Tydens die Maart Prysuitdeling op Donderdag, 2 Maart, is die afgelope atletiekseisoen se toppresteerders, sowel as 2016 se akademiese reuse, aangewys.

Die gasspreker by die geleentheid was mnr. Francois Schwalb van ZZ2.

Spesiale sporttoekennings het gegaan aan Salomé Lombard (gr 8, junior victrix ludorum), Andru Miller (gr 8, junior victor ludorum), Sancha van Niekerk (gr 11, senior victrix ludorum) en Noko Malatji (gr 12, senior victor ludorum).

Akademiese toppresteerders vir 2016 is ook by hierdie geleentheid aangewys:

Graad 8 (2016)
Rinus Jacobs – brons
Suandrie Corbett – silwer
Iszabella le Roux – goud

Graad 9 (2016)
Jenelle de Jonge – brons
Anize Basson – silwer
Lize Mostert – goud

Graad 10 (2016)
Jason Mellett – brons
Carmi Venter – silwer
Donné Oosthuizen – goud

Graad 11 (2016)
Jenna Devenish – brons
Amelia Middleton – silwer
Valeriia Avdysh – goud

Trofeë vir die beste Landboustudente is toegeken aan Iszabella le Roux (graad 9) en Aricia Brooks (graad 11).

Chris Bill (graad 12) het die trofee vir die beste prestasie in Informasietegnologie in graad 11, ontvang.

Die beste prestasie in Wiskunde en Wetenskap in graad 11 is toegeken aan Valeriia Avdysh.

Buiten bogenoemde topprestasies is talle ander leerlinge beloon met sertifikate vir hul toewyding en harde werk.

[supsystic-gallery id=23 position=center]