Tour de Polokwane XCO-aksie

Johan van den Heever

FOTO:
Johan van den Heever (Sub Junior Boys)


18 Lede van Hoërskool Merensky se Bergfietsklub het op Saterdag, 18 Augustus, aan die Spur Skole XCO Bergfietsren (ook genoem die Tour de Polokwane) by die Capricorn Racing Club in Polokwane deelgeneem.

In die Sub Junior Boys-afdeling het Johan van den Heever ‘n 11de-plek behaal. Onder die Sub Junior Girls spog Janke Joubert met ‘n 2de-plek.

Gunter Katzke het in die Youth Boys-afdeling 13de gekom, met Annalene Rood wat ‘n 3de-plek ingeneem het onder die Youth Girls.

Merensky seniors, Sheldon Muller en Armand Cronjé, het in die Junior Boys-afdeling onderskeidelik ‘n 2de- en 3de-plek losgery.

Die derde Spur Skole Limpopo-ronde, Tour de Lake, word op 1 September by Stanford Lake College in Haenertsburg aangebied.