Triomf vir Plasieland se Elandri

Elandri Janse van Rensburg

Die Janus Robberts Uitnodigingsatletiekbyeenkoms het op Vrydag, 25 Januarie by Pietersburg Hoërskool plaasgevind.

Die kollig was op die atletiekpan van Hoërskool Merensky toe Elandri Janse van Rensburg 1200 op die ABSA-tabel (die hoogste telling) behaal het met haar verstommende spiesafstand van 39,89m vir o14 meisies. Sy het met reg die Junior Victrix Ludorum trofee hooggehou.

Die Plasies het 15 goue-, 17 silwer- en 42 bronsmedaljes ingepalm, met die meisiespan wat ‘n algehele tweedeplek bekleë het.

Op Saterdag, 2 Februarie, sal Plasiepark by die MHS Uitnodigingsbyeenkoms wemel met atlete van Merensky, PHS, Frans du Toit, HTS Tom Naudé en Louis Trichardt. Hou Merensky se sosiale media dop vir ‘n volledige program.