Tritech triomf vir Merensky

Tritech uitdunne 2018

Op Vrydag, 27 Julie, het 9 skole in die Tzaneen-omgewing aan die jaarlikse Tritech streekronde deelgeneem.

Kundiges uit verskeie vakrigtings het die 52 projekte behoorlik onder die vergrootglas bekyk.

Hoërskool Merensky spog met 15 goue, 7 silwer en 2 brons projektoekennings (wat altesaam 32 leerlinge insluit). Al hierdie projekte dring deur na die nasionale ronde op 14 en 15 September op Plasieland.

Die wenprojek van die dag behoort aan JS Farmers, wat bestaan uit Suandrie Corbett en Jamie Robertson. Die twee het ‘n leemte in die gemeenskap geïdentifiseer en ‘n sisteem ontwerp om dit aan te spreek. Hulle reken dat bestaansboere wat klein hoeveelhede produkte plant en produseer, hierby kan baatvind. Hulle het selfs ‘n webwerf ontwikkel waar hul produkte bemark word.