Twee Plasie-atlete na SA’s

Hoërskool Merensky is baie trots op Christelle Coetzer en Laurentia van Dyk, twee o.15-dogtersatlete wat op Saterdag, 12 Maart deelgeneem het aan die kwalifiserende rondte vir die SA-atletiekkampioenskappe. By hierdie byeenkoms, op die Peter Mokaba Stadium in Polokwane, het albei gekwalifiseer om tydens die komende vakansie in Germiston aan die SA-kampioenskappe deel te neem.

Christelle behaal twee eersteplekke in die 800m (2.22) en 1500m (4.46). Laurentia behaal ‘n tweedeplek in gewigstoot (10,83m).  Plasieland wens hul alles van die beste toe tydens hierdie groot kompetisie.