Twee SA Kampioene vir Merensky Boogskietklub

Lin-Mari Theron en Canell Jack

Beneche en Canell Jackson en Lin-Marie Theron van Hoërskool Merensky se boogskietklub het vanaf 19 tot 21 Maart aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Veld Boogskiet Kampioenskappe te Broederstroom deelgeneem.

Mees as 100 skuts het aan hierdie uitmergelende byeenkoms deelgeneem en die skuts was elke dag gemiddeld 8 ure aan die bloedige son blootgestel.

Beneche (YAFFU) en Canell (JFBU) het albei goud in hul afdelings behaal.

Beneche het ook elke dag ‘n provinsiaal kwalifiserende telling geskiet.  Canell en Lin-Mari Theron (wat nie die byeenkoms kon voltooi nie) het albei nasionale kleure verwerf.