Tweede landloopliga in Lephalale

Voor: Jade Coppen, Megan Meyer en Amelia Booth. Agter: Louis Haynes, Ikne Stucki, Francois Nothnagel, Karien Booysen en Keun van Tonder. Afwesig: Joné du Toit.

FOTO:
Voor:
Jade Coppen, Megan Meyer en Amelia Booth.
Agter: Louis Haynes, Ikne Stucki, Francois Nothnagel, Karien Booysen en Keun van Tonder.
Afwesig: Joné du Toit.


Nege atlete van Hoërskool Merensky het op Saterdag, 14 Mei, aan die tweede skole landloopligabyeenkoms te Lephalale deelgeneem. Enduratrack AC het as gashere vir die byeenkoms opgetree waar 677 atlete deelgeneem het.

Megan Meyer (o.17) het ‘n 8ste plek behaal. Amelia Booth (o.14) het 9de geeïndig. Joné du Toit (o.15) was 12de, Karien Booysen (o.16) 16de, Jade Coppen (o.16) 17de, Ikne Stucki (o.16) 20ste, Louis Haynes (o.17) en Francois Nothnagel 25ste en Keun van Tonder 30ste.

Die derde ligabyeenkoms is geskeduleer vir 26 Mei by Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdal.