Tyd staan nie stil nie

Hoërskool Merensky was nog nooit bang om ‘n goeie tradisie, wat tot voordeel van die leerders en onderwysers is, te implementeer nie. Só is die Tydkapsule-tradisie in 2016 gebore.

Plasie graad 8’s kry aan die einde van hul skiewiejaar geleentheid om hul wedervaringe op Merensky op papier neer te pen, waarna die skrywes in ‘n tydkapsule in die museumtuin begrawe word. Hierdie briewe word dan weer in graad 12 vir die groep voorgelees tydens die jaarlikse ballonseremonie (waar die matrieks uitgenooi word na die matriekafskeid).

Op 1 Februarie is die klas van 2020 en 2021 tydkapsules geplant. Aan die einde van 2018 sal die huidige skiewies die tradisie voortsit.