Tyd vlieg

Michelle Robertson en Carl Dohse.

FOTO:
Michelle Robertson en Carl Dohse.


Dit is tradisie vir die graad 8’s van Hoërskool Merensky om elke jaar ‘n tydkapsule naby die Plasie-museum te plant.

Die skiewies gee inligting oor interessante gebeure by die skool gedurende die jaar. In 2022, wanneer dié graad 8’s in graad 12 is, grawe hulle weer die tydkapsule op en word herinner aan hoe hulle vyf jaar terug Plasieland ervaar het.

Die “Skiewies van die jaar” behartig die plant-seremonie. Hierdie jaar was dit die voorreg van Michelle Robertson en Carl Dohse wat plegtig, tydens die laaste prysuitdeling op 18 Oktober, as “Skiewies van die jaar” aangewys is.