Uitstekende begin vir Merensky-skuts

Sean Hunt, Lin-Mari Theron, Canell Jackson & Ryan Jackson.

Een dosyn Merensky-boogskuts het na Magnum Boogskiet in Pretoria gereis om in die eerste been van die 3Di Triple Crown ABO-kompetisie te kompeteer.

Dag 1 (Saterdag, 9 Februarie) het Dillon du Preez, Christof Joubert, Morney Kleinhans, Dian Schnettler & Afrigter Seph Oosthuizen hul debuut by die ABO gemaak.

Provinsiale kwalifiseerders is deur Rikus Faurie, Sean Hunt, Ashley Hunt, Canell Jackson, Ryan Jackson, Morney Kleinhans en Martin Mostert geskiet.

Die ster van die geleentheid, Lin-Mari Theron, het ‘n Protea-kwalifiserende telling behaal. Rikus Faurie, Ashley Hunt, Ryan Jackson, Martin Mostert en Lin-Mari Theron spog ook met hul persoonlike beste op die dag.

Sondag, 10 Februarie, het Dian Schnettler, Ryan Jackson, Christof Joubert en afrigter Seph Oosthuizen hul persoonlike beste geskiet. Sean Hunt, Canell Jackson, Dian Schnettler, Ryan Jackson, Martin Mostert en Lin-Mari Theron het provinsiale kwalifiserende tellings gemaak.

Goue medaljes is toegeken aan Sean Hunt (YMR15-17) en Lin-Mari Theron (FY). Canell Jackson (FY) het ‘n silwermedalje en Ryan Jackson (YMR15-17) en Martin Mostert (YMR13-14) brons ontvang.

Merensky 1 (Lin-Mari, Sean, Canell en Ryan) het goue medaljes as die beste span gewen, terwyl Merensky 2 (Rikus, Ashley, Dian en Rohan) brons losgeskiet het.

Die tweede been van hierdie toernooi vind op 4 en 5 April plaas.