Vierde WMG in Warmbad

Dawie van Jaarsveld

FOTO:
Dawie van Jaarsveld


Die vierde kwalifiserende Western Mounted Games kompetisie het plaasgevind op 14 April te Berbon Stables in Warmbad.

Genevieve van der Merwe van Hoërskool Merensky het deelgeneem op vlak 1 en behaal algeheel tweedeplek met vyf silwer medaljes.

Hannes van der Merwe het deelgeneem op vlak 2 en het ook algeheel tweedeplek ingepalm in beide die skole- en ope-afdelings. Hy neem twee eersteplekke, twee tweedeplekke en twee derdeplekke.

Op vlak 3 het Plasie, Dawie van Jaarsveld weer sy merk gemaak deur algeheel eerste in die skole-afdeling te eindig, met drie eersteplekke, twee tweedeplekke en drie derdeplekke.