Vonke spat by Interhuis

Pieter Gouws (o.19), Senior Victor Ludorum, Kesia Pohl (o.19), Senior Victrix Ludorum, Valley Ngobeni (o.15), Junior Victor Ludorum & Elandri Jansen van Rensburg (o.14), Junior Victrix Ludorum.

FOTO:
Pieter Gouws (o.19), Senior Victor Ludorum, Kesia Pohl (o.19), Senior Victrix Ludorum, Valley Ngobeni (o.15), Junior Victor Ludorum & Elandri Jansen van Rensburg (o.14), Junior Victrix Ludorum.


Hoërskool Merensky se vier huise het op Maandag, 14 Januarie, mekaar die stryd op die atletiekveld aangesê.

‘n Netjies versorgde Plasiepark was gasheer vir die veelkleurige massa deelnemers, wat elkeen alles gegee het vir huise Aqua (blou), Ignis (oranje), Terra (groen) en Ventus (geel). Atlete en sangers het in groot getalle opgedaag om 2019 se atletiekseisoen behoorlik af te skop.

Heelparty rekords het gespat, maar groter was die opwinding toe huis Ignis, vir die tweede jaar, skoonskip gemaak het met 599 punte op baan en veld. Ignis het ook gespog met die beste seunspan (320 punte), terwyl Aqua se dogters geseëvier het (311 punte).

Plasieland is trots op Valley Ngobeni (o.15), Junior Victor Ludorum, Elandri Jansen van Rensburg (o.14), Junior Victrix Ludorum, Pieter Gouws (o.19), Senior Victor Ludorum en Kesia Pohl (o.19), Senior Victrix Ludorum.

Merensky sien uit na die Interhoërbyeenkoms wat hierdie jaar, 22 Februarie, op Plasiepark plaasvind.