Wat van die Steinway?

Voor: Carel Mouton en Mari Weber. Agter: Alida du Preez en Anriëtte van Rooyen.

FOTO
DIE AKTEURS
Voor: Carel Mouton en Mari Weber.
Agter: Alida du Preez en Anriëtte van Rooyen.


Die gemeenskap kan hulle regmaak om bederf te word tydens ‘n Steinway-aand by Hoërskool Merensky. Die hoofdoel van hierdie aand is om die geskiedkundige Steinway-klavier in die skoolsaal, wat onlangs gerestoureer is, te herdenk.

Mari Weber, Anriëtte van Rooyen, Carel Mouton en Alida du Preez snoer kragte saam om ‘n oorspronklike “gesinsdrama wat die lagspiere sal tokkel”, Wat van die Steinway?, op 11 Oktober op die planke te bring.

Wat hierdie aand vir Weber nog meer spesiaal maak is die feit dat sy saam met drie oud-dramastudente sal optree. Mouton en Du Preez verwerf hul dramalisensiaat onder haar mentorskap. Van Rooyen het as skoolkind onder Weber se hande deurgeloop en voltooi haar dramagraad by die Universiteit van Pretoria. Sy speel in verskeie films en het ook al haar buiging gemaak in Binnelanders.

By hierdie geleentheid sal ‘n voorprogram deur die bekende Ingrid en Righard Linde gelewer word.

Beperkte kaartjies word teen R100 per persoon by die skool verkoop.