Welkom in ons wêreld

Voor: Trudie Botha, Elizma Roux en Zanel de Lange. Agter: Marc Viljoen, Mark Louwies, Willem Hermann en Alichia Coetzee.

FOTO:
Voor: Trudie Botha, Elizma Roux en Zanel de Lange.
Agter: Marc Viljoen, Mark Louwies, Willem Hermann en Alichia Coetzee.


Hoërskool Merensky is opgewonde oor die sewetal spogonderwysers wat hulle in 2018 by dié wenspan aansluit.

Die nuwe adjunkhoof, mnr. Mark Louwies, is geen onbekende in die Laeveld nie. Hy was voorheen die skoolhoof by Laerskool Mariepskop. Hy sal ook sosiale wetenskappe en wiskunde doseer.

Me. Trudie Botha het reeds etlike jare gelede al haar buiging as Afrikaans onderwyser op Plasieland gemaak. Sy is weer vanaf 2018 verantwoordelik vir Afrikaans huistaal en addisionele taal. Die Engelse departement word versterk met me. Zanel de Lange wat Engels huistaal gaan doseer.

Mnr. Marc Viljoen voeg hom by die ekonomie- en wiskunde departemente. Die wetenskap departement verwelkom vir me. Elizma Roux, terwyl me. Alichia Coetzee haar kennis gaan aanwend by die ekonomie- en Afrikaans departemente.

Mnr. Willem Hermann sluit aan by die tegniese departement waar hy ingenieursgrafika en ontwerp en tekene sal aanbied.

Alhoewel Plasieland die afgelope vier jaar spog met ‘n 100% matriekslaagsyfer, besef elke leerkrag dat mens nooit ‘n punt na enige sukses kan plaas nie. Hoërskool Merensky se onderwysers onderneem om in 2018 toegewyd voort te bou op vorige hoogtepunte.