Welkom, Klas van 2022!

Amper-Plasies speel lekker op ‘n bonskasteel.

FOTO:
Amper-Plasies geniet hulself op ‘n bonskasteel.


Op Saterdag, 16 September, het Hoërskool Merensky die nuwe graad 8’s van 2018 en hul ouers op Plasieland verwelkom.

Die begin van ‘n skooljaar kan erg deurmekaar wees – veral as dit die leerder se eerste keer by ‘n skool is. Merensky het dit dus goedgedunk om nou reeds nuwe leerlinge en ouers meer tuis te laat voel deur mekaar te ontmoet op Plasieland. Die bestuur van die skool en onderwysers wat direk by die nuwe graad 8’s betrokke gaan wees het ‘n inligtingsessie met die ouers gehou, terwyl die jongspan die hele middag in die pretpark baljaar het.

Almal was dit eens dat hierdie nuwe inisiatief net positief kan bydra tot ‘n suksesvolle skoolloopbaan op Plasieland.