Wêreldkampioenskap kruip nader vir Plasie-skuts

Archery North West Field

FOTO:
Voor
: Rikus Warmenhoven en Janco Theron.
Middel: Ashley Hunt, Canell Jackson en Lin-Marie Theron.
Agter: Dawie Theron, Sean Hunt, Rohan Wewege, Armand Wiers en Morney Kleynhans.


Hoërskool Merensky se skuts het oor die naweek van 18 Augustus deelgeneem aan die Noord-Wes provinsiale veldkampioenskap wat buite Potchefstroom aangebied is.

Meer as ‘n 100 skuts moes Saterdag stormsterk winde van tot 50 kilometer per uur trotseer – in so ‘n mate dat byna die helfde van die deelnemers onttrek het.

Die Plasies het hul weer baie goed van hul taak gekwyt: Lin-Mari Theron (YAFBU), Sean Hunt (YAMFU) en Armand Wiers (JMBU) het goue medaljes verower, terwyl Morney Kleinhans (JMBU) silwer verdien het.

Armand Wiers en Ashley Hunt het elk ‘n provinsiale kwalifiserende telling geskiet, met Canell Jackson wat ‘n nasionale kwalifiserende telling baasgeraak het.

Armand, Ashley en Canell het Sondag ook gespog met persoonlike beste tellings.

Hierdie skuts se laaste kompetisie, ter voorbereiding van die wêreldkampioenskap in Oktober, is op 15 en 16 September tydens die Gauteng provinsiale veldkampioenskap.