Werkswinkel vir Plasie-redenaars

Voor: Keynan Fox, Stephanie Potgieter en Palesa Shiluvane. Middel: Dezi de Jager, Chantelle Meyer, Johan van den Heever en Mariesa Schutte. Agter: Ruben Potgieter, Sue-Ann du Preez, Sydney Whitcomb, Jacqueline Cronjé, Marcel Arlow en Andrea van Jaarsveld.

FOTO:
Voor: Keynan Fox, Stephanie Potgieter en Palesa Shiluvane.
Middel: Dezi de Jager, Chantelle Meyer, Johan van den Heever en Mariesa Schutte.
Agter: Ruben Potgieter, Sue-Ann du Preez, Sydney Whitcomb, Jacqueline Cronjé, Marcel Arlow en Andrea van Jaarsveld.


Selfs die mees gesoute redenaar kry ‘n padda in die keel wanneer hy gekonfronteer word met onvoorbereide redevoering. Aangesien hierdie ‘n vereiste afdeling by die jaarlikse ATKV- redenaarskompetisie is, het die junior gladdebekke by Hoërskool Merensky ‘n werkswinkel bygewoon. Daar is gewoeker en gewaag met onderwerpe, argumente, inleidings en tinteltaal.

Hoërskool Merensky sien met groot verwagting uit na 2018 se interne kompetisie op 12 en 14 Maart vanjaar.