WonderWoorde woeker op Merensky

Hoërskool Merensky se kreatiewe skrywers het op Woensdag, 9 Maart hul eerste byeenkoms van 2016 gehou. Soos in die verlede, beoog die groep om nie alleen meer van die skryfkuns te leer nie, maar ook om ‘n spogpublikasie die lig te laat sien, waarin ‘n keur van hul pennevrug verskyn.

‘n Eerste keuringsopdrag is tydens hierdie eerste byeenkoms van die jaar bespreek en voorgelees. Die skrywers moes ook advertensies vir spesifieke produkte skryf en sinne bou met allitererende klanke. Die groep sien uit na die volgende bymekaarkoms waar ‘n poësie-opdrag die fokuspunt sal wees.