WordWorx laat woorde weerklink

FOTO’S:
Stella Nkuna, Tessa Sam, Zaara Turk, Zoë Robertson & Johann Kemp.
Suné Hermann & Anke Venter.


Deur Zoë Robertson, graad 11

Op Woensdag, 27 Februarie, het jong, entoesiastiese, kreatiewe skrywers op Plasieland weer vergader om te praat oor ‘n skrywer se kreatiewe vermoëns, asook om ‘n paar skryfmites, insluitende die sogenaamde skrywersblok, te bespreek.

Die voornemende skrywers is ook gekonfronteer met die volgende uitdaging: om buite hul kreatiewe boks te beweeg deur iets te skryf wat hulle nie van hou nie, of nog nooit tevore geskryf het nie.

Die klub sal weer op 8 April vergader om hul kreatiewe bydraes tot kortverhale, liefdesgedigte en die skryfkuns te deel.