WordWorx woeker met woorde

Voor: Shalom Mashele, Stella Nkuna, Liza-Ri Snyman, Lin-Mari Theron & Anize Basson. Agter: Zaara Turk, Tessa Sam, Jan-Carel van Niekerk, Juan-Jacques Moller, Thabiso Shai & Eduan Naudé.

FOTO:
Voor: Shalom Mashele, Stella Nkuna, Liza-Ri Snyman, Lin-Mari Theron & Anize Basson.
Agter: Zaara Turk, Tessa Sam, Jan-Carel van Niekerk, Juan-Jacques Moller, Thabiso Shai & Eduan Naudé.


Op 30 Januarie het Hoërskool Merensky se belowende woordkunstenaars die eerste WordWorx-byeenkoms geniet.

WordWorx is uniek aan Plasieland, aangesien skrywers se bydraes in ‘n jaarlikse publikasie verskyn.

Tydens die eerste sessie is ‘n lewendige bespreking aangaande hul eerste uitdaging, “jou alter ego”, gehou. Die aspirant-skrywers het ook hul volgende uitdaging ontvang: ‘n opstel oor die “ware ek”.

Goeie nuus is dat hierdie klub een maal per maand sal ontmoet, in plaas van een keer per kwartaal. Die volgende vergadering is geskeduleer vir 28 Februarie.