Wowee laat Byekorf zoem

Enige kultuurgeleentheid op Plasieland word baie goed ondersteun.

Op Woensdag, 27 Februarie, het Die Byekorf behoorlik gezoem met die aanbieding van 2019 se eerste WoWee Woensdag. Hierdie inisiatief word deur die UK-kultuurkomitee gedryf. Tydens pouse word leerders vermaak deur talent uit hul eie geledere.

Meksikaanse dansers het hul interhoër-passies en manewales op die grasvierkant uitgehaal, waarna die geleentheid behoorlik vlam gevat het. Kitaarspeler, Jaco van Staden, is ‘n ou bekende en kán die snare behoorlik tokkel, maar dat die jongman kan sing ook, was ‘n welkome verrassing.

Skiewies, Tamryn Bosch en Tylor en Simoné Nel, het ‘n dansitem gelewer. Verliza Fox en Manica van Schalkwyk het albei bewys dat hulle stemme het om mee rekening te hou. Sanel Botha het gedans, waarna die program afgesluit is met ‘n duet deur Kesia Pohl en Danzi Ivy.

Kunstenaars staan tou om hul talente by hierdie kwartaallikse optrede ten toon te stel.