Merensky spog met 'n 100% slaagsyfer
Merensky bewys weereens hul akademiese uitnemendheid met 'n 100% slaagsyfer. Ons wens elke graad 12-leerder geluk, want dit is 'n getuienis van toewyding en deursettingsvermoë. Baie geluk en dankie aan elke ouer vir die ondersteuning vir jou kind.
Michelle Stevens is uitgenooi na die Limpopo prysuitdeling wat op 5 Januarie in Polokwane plaasgevind het. Michelle is aangewys as die 2de beste matriekleerling in die Mopani-distrik, en die 20ste beste in Limpopo!
TOP MERENSKY-KANDIDATE
8 onderskeidings: Michelle Stevens
7 onderskeidings: Micaela Ball en Bianca Spies.
6 onderskeidings: Michaela Viljoen
5 onderskeidings: Pat Madalane, Rhulani Ndlala en Klarissa Nel.
4 onderskeidings: Xané du Toit, Alex Jardim, Blake Linder, Lesiba Mafikeng, Angie Nel en Adriaan Venter.
7 Leerlinge het elke 3 onderskeidings behaal.
ANALISE VAN RESULTATE
Totale kandidate ingeskryf : 173
(3 Kandidaat se uitlae is onvolledig a.g.v. mediese redes.)
Slaagsyfer: 100%
Totale onderskeidings: 259
(Gemiddeld van 1.5 onderskeidings per kandidaat.)
Aantal Baccalaureus kandidate: 111 (65.29%)
Aantal Diploma kandidate: 53 (31.17%)
Aantal Hoër Sertifikaat kandidate: 6 (3.52%)
96,5% Merensky matrikulante kwalifiseer om by hoëronderwysinstellings te gaan studeer!
Ons salueer die klas van 2016 - julle maak ons trots!