Merensky spog met 'n 100% slaagsyfer
Die graad 12-leerders en -onderwysers van Hoërskool Merensky het weereens hul akademiese uitnemendheid bewys deur tydens die 2017 matriekeindeksamen ‘n 100% slaagsyfer te behaal vir die 4de agtereenvolgende jaar.
Verder het die top 10-leerders hul akademiese krag ten toon gestel deur saam ‘n allemintige 64 onderskeidings in te palm.
Valeriia Avdysh het ‘n gemiddeld van 92,1% en 8 onderskeidings in Engels huistaal, Afrikaans addisionele taal, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, rekenaartoepassingstegnologie, lewenswetenskappe en fisiese wetenskappe losgeslaan. Sy is ook uitgenooi na die provinsiale perskonferensie en prysuitdeling waar sy gekroon is as die nommer 23 beste presteerder in Limpopo. Lera, soos haar vriende haar noem, se droom is om medies te gaan studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en uiteindelik ‘n neurochirurg te word.
TOP MERENSKY-KANDIDATE
8 onderskeidings: Valeriia Avdysh
7 onderskeidings: Amelia Middleton, Belinda Nzadi, Marlu McLean, Jenna Devenish en Haley Stephenson.
6 onderskeidings: Elzette van Dyk, Chelsea Schlebusch, Chris Bill, Eljana Fleischmann en Dineo Shokane.
5 onderskeidings: Zenelde Schoeman, Lize Crafford, Britney Chu en Danellé van Heerden .
4 onderskeidings: Clariska Venter, Karabo Sedutla en Melany Hlongwane.
ANALISE VAN RESULTATE
Totale kandidate ingeskryf : 164
Slaagsyfer: 100%
Totale onderskeidings: 287
(Gemiddeld van 1.7 onderskeidings per kandidaat.)
Aantal Baccalaureus kandidate: 106 (64.63%)
Aantal Diploma kandidate: 54 (32.92%)
Aantal Hoër Sertifikaat kandidate: 4 (2.43%)
97,6% Merensky matrikulante kwalifiseer om by hoëronderwysinstellings te gaan studeer!
Die klas van 2017 het ons weer trots gemaak!