Merensky no 1 in Mopani en no 6 in Limpopo!
Hoërskool Merensky is die topskool in die Mopani distrik en het 'n algehele 6de plek in Limpopo behaal. Ons is die enigste skool in Mopani wat die Top 10 gehaal het.
Van die eks model C-skole het slegs PHS (2de), Merensky (6de) en Frikkie Meyer (7de) 'n plek in die Top 10-skole ingeneem.
TOP MERENSKY-KANDIDATE
8 onderskeidings: Carmi Venter & Anya Glazer.
5 onderskeidings: Chanel Dohse & Jason Mellett.
4 onderskeidings: Jade Barnatt, Glory Mabidilala, Athena Marais, Anri McLean & Jordin Young.
3 onderskeidings: Cameron Buys, Bianca Elbrecht, Dean Fernandez, Liné Fourie, Heinke Lubbe, Piet Maake, Francois Nothnagel, Thato Pheeha, Letilda Pohl, Pieter van der Merwe, Sancha van Niekerk & Monique Zhanda.
ANALISE VAN RESULTATE
Totale kandidate ingeskryf : 186
Slaagsyfer: 97.3%
Totale onderskeidings: 249
(Gemiddeld van 1.3 onderskeidings per kandidaat.)
Aantal Baccalaureus kandidate: 142 (76%) - 'n 12% verbetering op 2017.
Aantal Diploma kandidate: 37 (19.8%)
Aantal Hoër Sertifikaat kandidate: 2 (2.4%)
96,2% Merensky matrikulante kwalifiseer om by hoëronderwysinstellings te gaan studeer!
Die klas van 2018 het ons weer trots gemaak!