Merensky het 'n 100% slaagsyfer!
Hoërskool Merensky is trots op ons personeel en graad 12-leerders van 2020.
Ons matrieks het weereens, met die samewerking van ons personeel en ondersteuning van hul ouers, ‘n 100%-slaagsyfer opgelewer. Onderskeidings en ‘n hoë universiteitsvrystellingsyfer wys wat gedoen kan word as almal net glo en saamwerk. Geluk matrieks van 2020! Julle het onder moeilike omstandighede julle staal as ware Plasies gewys deur nuwe hoogtes te bereik en ‘n hoë mikpunt vir die matrieks van 2021 te stel.
TOP MERENSKY-KANDIDATE
8 onderskeidings: Michaela Stanley
7 onderskeidings: Bonga Mathebula, Nicki Glazer, Dominique Blandin de Chalain
6 onderskeidings: Iszabella le Roux, Bianca Prinsloo
5 onderskeidings: Suandrie Corbett, Trinity Masiakwala, Khushi Mistry
4 onderskeidings: Ansje Boshoff, Crystal Kirstein, Jamie Robertson, Jessica Botha, Mariska van Nikkelen Kuyper, Sybil van Staden, Wandri Janse van Rensburg, Zoë Robertson, Zonika van Niekerk
3 onderskeidings: Dirk Crofford, Mohammed Delawala, Juané Liversage, Kian Loughor-clarke, Amelda Pretorius, Rachel Smith, Lerese du Preez, Jason Janse van Rensburg, Christiaan le Roux
ANALISE VAN RESULTATE
Slaagsyfer: 100%
Totale onderskeidings: 240
Aantal Baccalaureus kandidate: 161 (83%) - 'n 1.7% verbetering op 2019.
Aantal Diploma kandidate: 32 (16%) - 'n 1.4% verbetering op 2019.
Aantal Hoër Sertifikaat kandidate: 2 (3%) - 'n 3.2% verbetering op 2019.
99% matrikulante kwalifiseer om by hoëronderwysinstellings te gaan studeer!