Merensky het 'n 99,5% slaagsyfer!
Vir Merensky was 2023 'n jaar van uitsonderlike prestasies op alle gebiede.
Merensky is deur SAOU aangewys as die beste publieke skool vir kultuur.
Ook op sportgebied is puik prestasies gelewer. Merensky is aangwys as die beste swemskool in die provinsie en met atletiek presteer Merensky uitsonderlik en skuif op na 'n nuwe afdeling van 16 skole in die PUK-reeks.
Tydens die Alpha Nasionale Landbouskou wen Merensky drie van die vyf afdelings.
TOP MERENSKY-KANDIDATE
8 onderskeidings: Jacques Snyman.
7 onderskeidings: Vihan Allan, Drikus du Toit, Vashu Patel, Tessa Sam, Taylor Stanley.
6 onderskeidings: Shudu Maboyi, Markus Theron, Amber-Leigh Mills.
5 onderskeidings: Nic de Beer, Anke Fourie, Zahraa Khan, Tahila van Rensburg.
4 onderskeidings: Riandi Greyling, Maan Mistry, Willem Smit.
3 onderskeidings: Natacha Badenhorst, Anika du Toit, Stefan Erasmus, Klara Gerber, Honour Monyela, Simone Nel, Tylor Nel, Sujana Olivier, Siraaj Omar, Cayleigh Preece, Nsovo Shikwambana, Ntsakisi Shipalana, Safiyah Tarmahomed, Neil van Vuuren, Dewaldt Vosloo.
ANALISE VAN RESULTATE
Slaagsyfer: 99.5%
Hoeveelheid kandidate ingeskryf: 197
Hoeveelheid onderskeidings: 209
Aantal Baccalaureus kandidate: 175 (89.28%)
Aantal Diploma kandidate: 17 (8.67%)
Aantal Hoër Sertifikaat kandidate: 4 (2.04%)
97.5% matrikulante kwalifiseer om by hoëronderwysinstellings te gaan studeer!