Goud by Tour de Plaas

FOTO:

Voor: Armand Cronjé, Annalene Rood, Amelia Middleton, Matthew Taylor en Shaun de Beer.
Agter: Bevan Muller, Sheldon Muller, Sancha van Niekerk en Kyle Janse van Rensburg.


Plasieland het op Saterdag, 29 Julie, behoorlik gegons toe ‘n massa fietsryers aangemeld het vir die Tour de Plaas Bergfietswedren.

308 Deelnemers het hierdie geleentheid benut om nader kennis te maak met die natuurskoon en uitdagings van hierdie unieke roete.

Plasieryers het die speke laat sing en ‘n paar podiumplekke behaal. Armand Cronje en Amelia Middleton het trotse 1e-plekke behaal. Armand maak ook sy merk deur die vinnigste ronde in die kompetisie te voltooi.

Sancha van Niekerk en Sheldon Muller was 2e, terwyl Annalene Rood ‘n 3e-plek beklee. Plasietrappers Bevan Muller (8e), Shaun de Beer (10e), Kyle Janse van Rensburg (12e) en Matthew Taylor (18e) het ook die kompetisie suksesvol voltooi.

Hoërskool Merensky beklee ‘n 3e-plek, 18 punte agter die wenskool, Stanford Lake College.