Kolskoot Merensky

MERENSKY SKUTS Rohan Wewege, André van der Merwe, Heinrich Pieterse, Marjo Vollenbroek (baanbeampte), Sean Hunt, Petrus van Breda (SANAA-president), Beneché Jackson, Ryan Jackson, Morney Kleinhans, Canell Jackson, Ashley Hunt, Kay-lee Jansen en Annebelle Schwab.

FOTO
MERENSKY SKUTS
Rohan Wewege, André van der Merwe, Heinrich Pieterse, Marjo Vollenbroek (baanbeampte), Sean Hunt, Petrus van Breda (SANAA-president), Beneché Jackson, Ryan Jackson, Morney Kleinhans, Canell Jackson, Ashley Hunt, Kay-lee Jansen en Annebelle Schwab.


Op 22 en 23 April het veertien skuts van Merensky Boogskietklub deelgeneem aan die Suid Afrikaanse Nasionale Binnenshuise Boogskietkampioenskappe, wat plaasgevind het in Pretoria-Noord by die bekende Joni Bach Sportsentrum.

Die senuwees het geknaag – om te dink dat jy goed genoeg is om aan die grote SA’s deel te neem. Hierdie kompetisie was behoorlik ‘n naelbyt-affêre waar ‘n hoë vlak konsentrasie vir ongeveer drie ure behou moes word.

Skuts moes twaalf rondes skiet, met 5 pyle per ronde, vir ‘n totaal van 25 punte per ronde (met ‘n mikpunt van 300 punte).

Die Plasiespan het oudergewoonte ‘n koker vol medaljes en bekers huis toe gebring.

Nasionale kleure is toegeken aan Morney Kleinhans, Annebelle Schwab en Benno Kotze. Skuts moes in ‘n jaar vier keer ʹn nasionale tellings verwerf om dié eer te beurt te val.

Provinsiale kleure is verwerf deur Ryan Jackson, Heinrich Pieterse, André van der Merwe, Annebelle Schwab, Martin Mostert, Owen Otto, Benno Kotze, Morney Kleinhans en Kay-lee Jansen. Skuts moes drie keer ʹn nasionale telling verwerf om dié kleure te bekom.

Ryan Jackson, Heinrich Pieterse, Morney Kleinhans, Martin Mostert het nasionale kwalifiserende tellings geskiet, terwyl Sean Hunt ‘n provinsiale telling bekom het.

Canell Jackson verdien ‘n bronsmedalje, Heinrich Pieterse en Annebelle Schwab is trotse silwermedalje wenners en Beneché Jackson spog met goud.