‘n Handvol goud vir Merensky

Almal sal saamstem dat die unieke Presidentstoekenningsinisiatief by Hoërskool Merensky slegs vir vasbyters beskore is. Daarom is Plasieland trots op die vyftal deurdrukkers wie ook onlangs die gesogde goue status bereik het.

Aangesien hierdie program deelnemers toelaat om tot op 25-jarige ouderdom te kwalifiseer, het Christelize Elbrecht, hoofmeisie van 2015, onlangs haar finale goue sertifikaat ontvang. Sy studeer tans Bed aan die Noord-Wes Universiteit met spesialisering in Ingenieursgrafika en –ontwerp en Wiskunde.

Vier matrikulante voeg hul ook by hierdie prestige-groep. Valeriia Avdysh, Wanga Mboweni, Marlu McLean en Belinda Nzadi is Maandag, tydens saalopening by die skool, vereer. Dit bring Merensky se totale goue kandidate op 6 te staan.