Plasie-hokkie by Noordvaal

FOTO:
Voor: Janke Basson.
Middel: Suné Hermann, Luné Fritz, Dezi Dreyer, Reabetswe Makgoba, Kita Coppen en Annalene Rood.
Agter: Megan Jardine, Emma Dalrymple-Hay, Nikita Pohl, Nadia Claasen en Anri Burger (afrigters), Kyla van Zyl, Mariesa Schutte, Palesa Shilovane en Victory Mathebula.


Op 2 Augustus het ‘n opgewonde o.14 Plasie-hokkiespan na Nelspruit vertrek om aan die Noordvaal-toernooi deel te neem. Tussen 2 en 5 Augustus speel hul 6 wedstryde teen Oosterlig, Vaaldriehoek, Schoonspruit, Brits, Maragon en Volksrus, waarvan hul 3 gewen het. Merensky se speler van die toernooi is Janke Basson (doelwagter).

Hoërskool Merensky eindig vierde uit sestien skole – die enigste Limpopo-span om dit tot daar te maak. Hierdie prestige geleentheid is aangebied deur Curro Nelspruit.