Plasie-krieketweek vier mondigwording

Gedurende die eerste week van die winterskoolvakansie, het Hoërskool Merensky se tradisionele krieketweek vir die 21ste maal afgeskop.

Deelnemende spanne het van heinde en verre gekom om aan hierdie grootste skole-krieketweek deel te neem. Skole soos Waterkloof, Garsfontein, Middelburg, Brits, Zwartkops, EG Jansen, Randburg, Stanford, Pretoria-Noord, Heidelberg Volkskool, PHS en Merensky het met senior- en juniorspanne gekompeteer. 55 Wedstryde het op 11 velde in en om Tzaneen plaasgevind en gesorg vir skolekrieket uit die boonste rakke.

Tydens die gala-dinee is Rinus Jacobs van Hoërskool Merensky aangewys as beste junior bouler van die week. Hoërskool Middelburg stap weg as beste seniorspan van die week, terwyl Plasieland spog met die beste juniorspan van die toernooi.

Merensky se senior spankaptein, AJ Fourie, is opgeneem in die senior Merenskyweek “Dream Team”, terwyl Rinus Jacobs en Mubin Patel gekies is vir die junior “Dream Team”.

‘n Veer in die hoed van Plasie-afrigter, Aubrey van Renen, met sy toekenning as beste junior afrigter van die week.

Merensky bedank graag die volgende borge: Large Sekuriteit, Bidvest Food, African Jacana, Biltongbox, Royal Macadamia, Westvalia, Limpopo Melkerye, Houers Koöperatief, Vision Sport, Riebert Pretorius Boerdery, Lannie Motors, Beerseun Boerderye, Gravelotte Charcoal, Allesbeste, Adriaan Janse van Rensburg, Laeveld Fruit en Veg (Tzaneen), Allegrain en OK Sugarhill.