HOËRSKOOL MERENSKY HERWINNINGSPROJEK
Waarom herwin ons?
Die ekonomie en die omgewing word bevoordeel deur herwinning.
Herwinning bewaar skaars en kosbare hulpbronne. |
Herwinning spaar energie en water. |
Herwinning skep werksgeleenthede. |
Herwinning verminder die impak op stortingsterreine. |
Herwinning se GROOT 5
Papier en Karton |
Plastiek | Blikkies | Glasbottels | E-afval en Metaal |
Hoe herwin ek?
Spoel alle koshouers uit!
- Plaas herwinbare artikels in die gemerkte houers op die skoolterrein.
- Plaas herwinbare artikels in die spesiale wit houers in die klaskamers.
- Plaas herwinbare artikels in die regte houers by die herwinningsentrum.
- Neem elektriese toestelle en groot hoeveelhede goed na die sorteerstasie.
Wat kan kompos word?
- Kosafval: skille, vrugtestronke, muffinpapiere, koffie- en teesakkies, kos.
- Onherwinbare papier; sneesdoekies, toiletpapier, waspapier, pizza-bokse.
- Blare, takkies, dooie blomme, kraalmis.
Wat moet weggegooi word?
- Polistireen, kleefplastiek, lekkergoedpapiere, chipspakkies, lap, wol, skoene.
- X Glas: borde, pyrex, glase, gloeilampe, buisligte, spieëls, ruitglas, windskerms.
- X Papier: plakkers, melk- en sapboksies, gelamineerde papier, weggooi-doeke.