Plasie-ruiters hou uit

Danielle Breed van Hoërskool Merensky het op Saterdag, 8 April, deelgeneem aan die Waterberg uithourit te Modimolle. Sy het deelgeneem in die junior kategorie en 80km in 5 ure en 46 minute met haar perd afgelê. Sy het algeheel ‘n 4de plek behaal.

Onderwyser, Alexandra Dreyer, het self haar perd opgesaal en 2 uithouritte gedurende die vakansie voltooi. Op 31 Maart en 1 April het sy in Schweizer-Reneke ‘n nasionale tyd gery en ‘n 6de plek behaal. Op 8 April het sy ook aan die Waterberg uithourit deelgeneem en die 80km voltooi in 5 ure en 21 minute.