Plasie-ruiters trotseer Fauresmith

Twee perderuiters van Plasieland het die berugte perde-uithourit te Fauresmith op 4 tot 6 Julie aangedurf.

Me. Alexandra Dreyer en Jehan Goosen (graad 11) het saam met 410 ander ruiters hierdie moordende rit van 204 km trotseer en oorkom.

Dreyer het as deel van die Limpopo standaardgewigspan individueel teen 99 ander ruiters gekompeteer en met ‘n tyd van 10 ure en 2 minute in die 23ste plek klaargemaak. Die span het in die agtsteplek geeindig.

Dapper Jehan Goosen het ook die 204 km voltooi, maar kon nie ‘n amptelike plek inneem nie, aangesien sy perd tydens ‘n inspeksiepunt gekramp het.