ORGANISEERDER
AFRIGTER
2024 Datums
2024 BERGFIETSRY NUUS & FOTO ALBUMS
LIMPOPO XCO #1 @ STANFORD LAKE COLLEGE, 10 FEBRUARIE 2024
Op 10 Februarie het die eerste Limpopo XCO-bergfietsbyeenkoms by Stanford Lake College plaasgevind. ān Aantal Plasies het hieraan deelgeneem en reeds vroeg in die seisoen goeie plekke behaal.
Knap gedaan aan Sophia van Wyk in graad 11 wat ān 1ste plek in die Junior Dogtersafdeling losgetrap het. Anke Roodt in graad 12 was kort op haar hakke en het die 2de plek ingepalm. In die Jeug Seunsafdeling het twee graad 10ās, Aeden Anderson ān 5de en Wernich Steyn ān 8ste plek behaal. Xihlovo Mkansi in graad 9 het in dieselfde afdeling ān 15de plek verseker. Twee graad 8ās, Ilana Lubbe en Amelie Pretorius het onderskeidelik 3de en 5de in die Sub Junior Dogtersafdeling geĆ«indig.
Die Limpopo XCO-reeks bestaan uit 4 byeenkomste waar ryers punte insamel om in aanmerking te kom vir die Limpopo XCO-span.
MANGO MANIA @ HOEDSPRUIT, 16 FEBRUARIE 2024
ān Aantal bergfietsryers van Merensky Landbou Akademie het hul staal getoon by die Mango Mania-uitdaging wat op 16 Februarie in Hoedspruit aangebied is.
Ten spyte van die versengende hitte het bobaas Anke Rood in graad 12 ān 1ste plek in die Junior Meisies-afdeling losgetrap. Twee belowende graad 8ās, Ilana Lubbe en Ziante Steyn het onderskeidelik 3de en 4de in die Sub Junior Meisies-afdeling gekom.
Wernich Steyn (graad 10) het 5de en Xihlovo Mkansi (graad 9) 8ste in die Jeug Seunsafdeling gekom. Plasieland se twee graad 11ās, Marnu Lamprecht en Niko Coetzee was onderskeidelik 4de en 9de in die Junior Seuns-uitdaging.
SA XCO KAMPIOENSKAPPE @ PAARL, 3-4 MEI 2024
MIAMI MAGOEBASKLOOF @ WESTFALIA, 1 JUNIE 2024
INTERHUIS @ MERENSKY, 17 JULIE 2024
'n Rekordgetal van 52 spanne van 2 het ingeskryf vir die jaarlikse bergfietsry interhuis wat op Woensdag, 17 Julie 2024 by Merensky plaasgevind het.
Die kompetisie het in aflosvorm plaasgevind, met rondtes van 1,2 km.
Die gemengde spanwenners van die dag was Sophia van Wyk en Jan Pretorius. JP Botha en Zander Knoetze het as seunsspanwenners uit die stryd getree, terwyl Layah Peterson en ChantenƩ van Wyngaardt die dogterspanwenners was.
LIMPOPO SKOLE XCO #1 @ SLC, 20 JULIE 2024
LIMPOPO SKOLE XCO #2 @ HTS TOM NAUDĆ, 3 AUGUSTUS 2024
LIMPOPO SKOLE XCO #3 @ MERENSKY, 17 AUGUSTUS 2024